|
|
|
Musiek is beslis een van die dinge wat 'n troue maak of breek en almal se terugvoer van die troue was oorweldigend positief!!!
Ons self is nie groot dansers nie, maar te oordeel aan die dansbaan wat altyd vol was, was jou musiek beslis 'n treffer. Almal was ook baie opgewonde oor die stunning foto's wat jy van die gaste geneem het.
Dit is regtig 'n baie goeie toevoeging tot jou dienste en dit plaas jou ver bo die res van die industrie. Dit was vir ons self ook so lekker om te sien waarmee die gaste besig was terwyl ons saam met ons fotograaf
gaan foto's neem het. Ek dink dit is 'n gedeelte van mens se troue wat jy altyd mis en jy maak dat mens nogsteeds deel voel van dit. So dankie vir die ekstra myl wat jy stap en dat jy jou kliënte se dag ekstra
spesiaal maak. Jy is regtig 'n DJ wat ek vir enige iemand sal aanbeveel! Mag God jou besigheid in die toekoms in oorvloed seën.
Robert & Eilda - Cussonia Crest
|
|
|
Ongelooflik dankie vir jou besonderse diens! Ek sal jou definitief aanbeveel vir enige iemand. Jy het 'n ongelooflike goeie werk gedoen! Die musiek is 'n groot deel van 'n troue.
Alles het so mooi vlot verloop en die musiek het 'n ongelooflike goeie atmosfeer geskep op die dag. Dankie dat jy jou werk so goed gedoen het en nog "above and beyond" gegaan het
om die dag so spesiaal te maak!
Jacques & Maryke - Oxbow Country Estate
|
|
|
It is unusual to find someone who has the ability to connect with his clients on a personal basis and to deliver a very professional service. We would like to thank Gauteng DJ for exactly that
- great service and professionalism. Due to time restrictions we weren't able to see him in person until the day of the wedding, but we communicated via email what we had in mind, and on
the day it was exactly what we intended. He has an incredible ability to adapt to the needs of his clients while having the presence of mind to give sound advice where it is needed.
This is also a testament to his patience and willingness to help, because the changes we made just before the wedding started was no problem for him. He made sure that the whole evening
run smoothly and his communication with the MC's and other guests was great. With all of this in mind it is incredible to think that he did so much for us, but remained in the background.
We were privileged to have had your service.
Japie & Anke - Riverside Castle
|
|
|
The last thing you want to worry about on your wedding day is the music, and with Gauteng DJ we didn't have to worry about a thing. He is incredibly professional, feels the vibe and crowd really
well and he does so much more than just play music. Thanks!
Jeffrey & Zelmarié - Oxbow Country Estate
|
|
|
Ons wil weereens vir jou baie dankie sê vir jou fantastiese diens! Jy was 'n uitstekende DJ wat ons gaste perfek opgesom het en 'n wye verskeidenheid musiek gespeel het om by almal se
smaak te pas. Om 'n troue van oorsee af te reel was 'n groot challenge, veral om die regte service providers te kies sonder om hul te ontmoet. Maar jy het dit vir ons so maklik gemaak met
ons Skype sessie, waarna ons geweet het dat ons die regte keuse gemaak het. Jy het ons verwagtinge by verre oortref. Baie dankie!
Neil & Amelia - Zambezi Point
|
|
|
'n Absolute fantastiese DJ en niemand kan verkeerd gaan deur hom te skakel vir hulle funksie nie. Sy musiek keuses was perfek en sy musiek lys het al die nuutste treffers ingesluit.
Almal wou weet waar ons hierdie "gem" opgespoor het. Dan as 'n ekstra is sy gaste foto's nog amazing ook en 80% van die mense wat by die troue was het dit klaar as hulle profile foto iewers op.
As jy op Gauteng DJ besluit as jou DJ gaan mense nog lank na die funksie jou vra vir sy nommer. Bitterlik baie dankie, ons kon nie 'n beter DJ gekies het nie!
Willem & Carisa - Afrikaanse Hoër Meisieskool
|
|
|
Ek weet nie waar om te begin nie. Al wat ek kan sê jy is puik, puik en nog maals PUIK. Baie dankie vir jou AWESOME diens die gaste foto's, musiek en
jou vriendelikheid het dit vir ons so maklik gemaak. Hou aan met jou stunning werk! Almal het van jou gehou en almal het vir jou nommer gevra
en sal jou aan beveel. Hou aan met jou puik werk! 100 present vir jou!!!
Ricky en Shevonne - Usambara
|
|
|
Woorde kan nie beskryf hoe dankbaar ons is dat ons jou gekies het vir ons troue nie. Van die begin af was jy behulpsaam en betrokke.
Alles wat jy doen doen jy 110% tot die beste van jou vermoë, dis nou 'n week na die troue en mense kan steeds nie op gepraat raak oor jou musiek
en gaste foto's nie. Ons het gesit en kyk na ons trou video wat ook wonderlik is. Nog iets wat jy gee sonder om ekstra te vra. Jy is 'n alles in een pakket.
Musiek, gaste foto's en sommer 'n video dvd ook. Sal jou beslis aanbeveel vir almal en seker ons gaste sal ook. Hou aan met die wonderlike werk wat jy doen.
Groetnis!
Stefan en Latoya - Zambezi Point
|
|
|
Baie dankie vir puik diens! Jy het gesorg dat alles glad verloop tydens die onthaal en dit is duidelik dat jy baie jare kennis en ervaring het.
Ek sal jou altyd aanbeveel. Bou so voort!
Riann en Natassia - Zambezi Point
|
|
|
WOW!!! What a great DJ! You accommodated all our guests - all ages and era, the guests could not get off the dance floor. Your personality
was vibrant and full of energy right to the end. The pictures and videos are amazing and you captured the fun and enjoyment of everyone.
Thank you for an amazing vibe you created. Many thanks and I am sure we will be calling you in the future for another great DJ!
Paul and Leanne - Kwalata Wilderness
|
|
|
Beste DJ!
Dit was baie lekker om saam jou te werk! Jy het dit baie maklik vir ons gemaak van die begin af en jy het ons so 'n groot guns gedoen
om gratis vir ons video te doen van seremonie en onthaal! En die gaste foto's is pragtig! Baie dankie vir professionele en uitstekende diens en
dat jy moeite gedoen het om ons as paartjie op te som en so die regte musiek vir ons te speel. Baie dankie en groete, ons sal jou definitef aanbeveel!
Charl en Marguerite - Oakfield Farm
|
|
|
Ons wil net baie dankie sê vir goeie diens van die begin af. Als was net reg en geen probleem nie, al ons songs wat ons gevra het is
op die regte tyd gespeel, selfs die dansvloer was nie een keer leeg nie. Dankie weereens vir goeie diens ek kan jou aan enige iemand voorstel!
Hendrik en Carine - Olive Mystery
|
|
|
Hi daar!
Baie, baie dankie vir die wonderlike diens wat jy op ons troue gelewer het. Ons het die musiek baie geniet! Ons kry so baie komplimente van die
gaste, hulle was mal oor die musiek en die gaste foto's wat jy geneem het. Ons sal jou aanraai sover as wat ons kan!
Henro en Priscilla - Ingaadi
|
|
|
Baie dankie vir die proffesionele en vriendelike diens wat jy gelewer het op ons troue. Jou musiek keuses en klank was uitstekend.
Ons het vele komplimente gekry vir ons DJ en ek glo jy sal n paar navrae kry vir funksies van sommige gaste. Die gaste foto's wat jy geneem
het en op jou Facebook en webblad geplaas het is top gehalte. Jy kan double as n fotograaf! Ons sien uit na die video ook. Nogmaals dankie!
Christo en Lindy - Ekudeni
|
|
|
Wow woorde kan nie beskryf hoe spesiaal jy ons dag help maak het nie... Jy het ons dag onvergeetlik gemaak jou musiek keuses was perfek en die
gaste foto's was stunning!!! Baie baie dankie!!!
Werner en Mariana - Valley Lodge
|
|
|
Ons wil net baie dankie sê dat jy ons troue so stunning gemaak het met die goeie musiek wat jy gespeel het!! Jy is regtig nog die beste DJ wat
ons ontmoet het. Die musiek was nie te hard of te sag nie. Die musiek keuses was perfek en die rookmasjien en ligte was stunning!! Ons gaste het
ook baie komplimente gehad vir jou. Ons sal jou enige tyd vir ons vriende aanbeveel!! Weereens baie dankie!!
Corrie en Hantie Jansen - Zambezi Point
|
|
|
Baie dankie vir die pragtige gaste foto's wat jy geneem het en die lekker musiek wat jy gemaak het op ons trou dag. Die gaste foto's en die
dvd was 'n groot bonus! Jy doen werklik extra moeite om jou kliente te vrede te stel en jy het werklik almal beindruk. Jy het dit 'n onvergeetlike
aand gemaak. Hou so aan! Ons sal jou definitief vir vriende en familie aanbeveel. Baie baie dankie!
Carel en Cindy - Zambezi Point
|
|
|
Thank you so much for all your help and guest photos. It helped us a lot because of our night shoot. Thank you for playing the mix of music
that we needed and it was absolutely magical because of it. Everyone enjoyed the music. Thank you once again for everything, Herman and I really appreciate it.
Herman en Candice - Zambezi Point
|
|
|
Baie dankie vir die wonderlike diens wat jy gelewer het. Die gaste foto's en musiek was amazing ons het jou reeds vir al ons vriende aanbeveel.
Almal was mal oor die musiek en hulle sê dit was die beste troue waarby hulle ooit was en jou musiek is beslis een van die redes hoekom.
Weereens baie dankie hou so aan. Jy was PUIK!
Stefan en Ilismé - Zambezi Point
|
|
|
Thank you so much for making our wedding so amazing - your service was outstanding from the first day we met till the wedding day, your friendly
and professional service made the night magical and all our guests complimented us on our music and our DJ - you made our dreams become a reality!
Also thank you for the lights - it really created such an amazing atmosphere. We will recommend you as the best wedding DJ ever!
Cindy and Bella - Willow View Lodge
|
|