Facebook TikTok Instagram
Email
Phone Me! 082 - 650 0293  Whatsapp

-- Based In Pretoria --
-- Playing In Gauteng And Surrounding Provinces --
  • Die besprekings fooi is nie terugbetaalbaar nie.
  • Alle uitstaande geld moet 7 dae voor die betrokke funksie betaal wees.
  • Ek hou geen datum oop alvorens ek 'n besprekings fooi van R1000 ontvang en per epos erken het nie.
  • Oggend troues - R1000 in kontant is vooruit betaalbaar per uur na 18:00 vir oggend troues.
  • Middag troues - R1000 in kontant is vooruit betaalbaar per uur na 00:00 vir middag troues.
  • Die plek en/of datum van die troue kan nie na die betaling van die besprekings fooi verander word nie. Gauteng DJ behou die reg voor om die bespreking te kanselleer indien dit gebeur. Die besprekings fooi sal dan verbeur word deur die betaler.

  • Alle ontmoetings of besprekings geskied slegs by my woning - adres soos verskaf.
  • Ek woon geen oefeninge, besprekings of ontmoetings vooraf by vir die troue of funksie nie.
  • Ek werk vanaf my woning en is dus deur die week of na-ure beskikbaar. Ek is egter nie op Saterdae beskikbaar nie, omrede ek dan byna altyd by 'n funksie is. Kontak en bevestig net 'n datum en tyd met my voor die tyd.
  • Alle uitstaande inligting moet op die laatste 7 dae voor die funksie aan my voorsien word.
  • Alle musiek wat julle self wil voorsien, moet op die laatste 7 dae voor die funksie aan my voorsien word.
  • Gauteng DJ is Samro en Sampra geregistreerd en dié lisensies word na elke funksie saamgeneem.
  • Bogenoemde lisensies kan op versoek van die kliënt aan hom/haar ge-epos word.
  • Alle musiek wat julle self wil voorsien, moet op die laatste 7 dae voor die funksie aan my verskaf wees.
  • Indien julle musiek aan my voorsien, verkies ek dat dit gesny word in MP3 formaat in die hoogste kwaliteit, naamlik 320kbps.
  • Die kliënt is verantwoordelik vir die gedrag van hul gaste. Indien 'n gas of gaste die DJ lastig val, sal dit onder die kliënt se aandag gebring word om aan te spreek en die nodige stappe te neem. Indien die betrokke gas/gaste my steeds lastig val, behou ek die reg voor om my dienste te staak.

  • Kragvoorsiening bly die venue se verantwoordelikheid.
  • 'n Tafel, stoel en muurkragpunt moet aan my voorsien word by die kerk en onthaal.
  • Indien daar geen tafeldoek oor my tafel is nie, gebruik ek my eie swart tafeldoek.
  • 'n Maaltyd moet asseblief aan my voorsien word by alle funksies - let asb daarop dat ek by my DJ tafel eet.
  • Ek behou die reg voor om toerusting na 'n geskikte plek te skuif indien weersomstandighede dit vereis. Die finale besluit daarvoor berus by my en nie die kliënt nie.
  • Ek voorsien met graagte musiek vir middagtroues wat aanhou tot na 00:00 die aand, maar op voorwaarde dat die venue dit goedkeur. Klaar dit asseblief voor die tyd met die eienaar of bestuurder uit.

  • Bystandtoerusting word na elke funksie saamgeneem.
  • Ek behou die reg voor om nie naby kampvure of ander oop vure my toerusting op te stel of te gebruik nie.
  • Die koordlose mikrofone is baie duur en moet deur die gebruiker (bv. die seremoniemeester) beskerm en opgepas word. Indien die mikrofoon beskadig word, is die kliënt verantwoordelik vir die vervanging daarvan.
  • Voldoende beskerming moet verleen word indien toerusting buite gebruik word. 'n Sambreel wat voldoende skadu aan die DJ en toerusting verskaf, moet voorsien word.
  • Ek behou die reg voor om my toerusting op enige stadium te skuif indien dit deur wind, weer, reën, brand of gaste beskadig kan word.
  • 'n Rookmasjien, dansligte en laserligte is beskikbaar vir die dansvloer.
  • Geen klank/liedjies sal vanaf enige toerusting soos selfone deur my toerusting gespeel word nie.
  • Ek laat nie sangers of bands toe om deur my klankstelsel te sing of musiek te speel nie. Ek help graag indien daar iemand is wat net 'n liedjie of twee tydens die seremonie of onthaal wil sing deur 'n ekstra mikrofoon en staander te voorsien.
  • Sangers of groepe (bands) is verantwoordelik om self hul eie toerusting te voorsien vir hul optrede. Ek voorsien nie enige kabels, verlengingskoorde, mikrofone, mixers, DI bokse, ens. nie Elke sanger of groep is verantwoordelik vir hul eie toerusting. Dit is NIE my verantwoordelikheid om hulle van toerusting te voorsien nie.

  • Versoeke van gaste by die funksie is welkom en ek speel dit met graagte. Musiekversoeke moet egter by die geleentheid pas. Indien ek voel dat 'n musiekversoek nie gepas is vir die funksie nie, sal ek dit eers met die bruidegom of bruid bespreek, wat sal bevestig of die betrokke versoek gespeel moet word of nie.
  • Plaas my asseblief so na as moontlik aan die dansvloer.
  • Gastetafels moet liefs nie tussen die DJ en die dansvloer geplaas word nie.
  • Geen klank/liedjies sal vanaf enige toerusting behalwe my eie gespeel word nie.

  • 'n Osmo Pocket 3 video van die seremonie word by troues geneem, indien daar nie 'n videograaf is nie, of indien die videograaf toestemming daartoe verleen het.
  • Die videograaf se toestemming sal eers gevra word, alvorens ek die video neem.
  • Slegs indien hy/sy toestemming verleen, sal ek die video neem.
  • Indien die video toerusting nie korrek funksioneer nie, kan Gauteng DJ nie daarvoor aanspreeklik gehou word nie.
  • Indien daar 'n videograaf is, is hy/sy welkom om sy klank opnemer by my "mixer board" of Shure "receiver" in te plug om sodoende klank van uitstekende gehalte op te neem.
  • Dit word dan in OneDrive gelaai en die OneDrive skakel word dan aan die paartjie verskaf en hulle het dan ten minste 14 dae om dit dan af te laai.

--- The terms and conditions are also available in English ---


Website Facebook TikTok Instagram Cellphone

  © Gauteng DJ - All Rights Reserved